ONS VOLGENDE SEMINAAR

As Christen besigheidseienaars beskik ons oor die geleentheid om `n positiewe impak op baie mense se lewens te maak.

Kom saam met ons op `n ontdekkingsreis met die Bybel as ons bron van waarheid  en insig om te leer hoe God hieroor dink, sodat ons God se koninkryk op aarde, deur ons besighede, kan vergroot—een kliënt, besigheidsassosiaat en werknemer op `n slag. Dit is ook God se wens vir ons om gebalanseerde en vervulde mense te wees, al is die pad van entrepreneurskap vol uitdagings.

Ons eerste werkswinkel was `n sukses (hieronder is die onderwerpe wat ons

hanteer het:

1. Verstaan God se meesterplan met ons

2. Weet wie die eienaar van alles is 

3. Waarom die Bybel ook `n besigheidskompas is

4. Wat Christelike selfsorg beteken

 

Ons is nou hard aan die beplan vir ons volgende werkswinkel DV vroeg in 2019.

Hou die spasie dop vir meer inligting.

 

© 2018 by Bright Future Training. Proudly created with Wix.com