1/5
ONS VISIE - Die Droom

Om Christus in die kern van besighede te vestig.

MEER OOR ONS

Ons het `n passie vir mense en besigheid. Ons  is "afrigters" in wese. Ons wil saam met ander Christene opstaan vir ons geloof midde onseker en somtyds troebel omstandighede in die konteks waarin ons lewe en besigheid doen.

DIE KRUKS VAN DIE SAAK

 

Besigheid is eenvoudig, maar nie maklik nie. Dit is ook eenvoudig om `n Christen  te wees, maar dit is nie maklik om dit elke dag in ons besighede uit te leef nie.

Ons gaan `n reeks seminare en werkswinkels aanbied om Christen besigheidseienaars en hulle personeel toe te rus om Bybelse beginsels in hulle besighede en optrede toe te pas om sodoende lewende getuies vir God se koningkryk op aarde te wees.

Hierdeur kan ons in Jesus se spore voortgaan om vissers van mense te maak.

ONS MISSIE - Hoe ons dit wil doen

Rig Christen besigheidseienaars en hulle personeel af deur:

  • Seminare en Werkswinkels te ontwikkel en aan te bied

  • Artikels te publiseer oor onderwerpe wat saak maak

  • Boeke te skryf om soveel moontlik mense met die boodskap te bereik

DIENSTE
  • Besigheidswerkswinkels

  • Besigheidsadvies 

  • Geestelike begeleiding

© 2018 by Bright Future Training. Proudly created with Wix.com